Thursday, 20 May 2010

Belastingbetalers moet die tirannie van die meerderheid self takel


Toe die Bostonse regsgeleerde, James Otis in February 1761 die argument "taxation without representation is tyranny" in 'n betoog voor 'n komitee van die destydse wetgewer van Massachusetts gevoer het, het hy min geweet dat die spreuk die inspirasie sou word van 'n revolusie wat sou lei tot die geboorte van die VSA.

Anders gestel, sê die spreuk dat net 'n tiran vir mense belasting oplê sonder om hulle te ken oor die spandering van daardie belasting.

Interessant genoeg, ontvou 'n ander tipe tirannie homself in Suid-Afrika.

Tydens 'n ontmoeting met 'n groep belastingbetalers van Wolmaransstad, vertel een sakeman my dat hy op sy drie eiendomme in die dorp – 'n woonerf, 'n besigheidserf en 'n nywerheidserf – meer belasting betaal as die hele aangrensende township. "Ons finansier ons eie ondergang", sê hy ontstoke.

Wanneer verkiesings plaasvind, stem die nagenoeg 15 000 township-kiesers soos een man vir die ANC terwyl die 2 000 dorpsinwoners se stemme grootliks verdeel is tussen die plaaslike inwonersvereniging en die opposisie partye.

Terwyl die meerderheid telkens in verkiesings seëvier, gaan dienslewering dramaties agteruit en raak dorpe, stede en plase onveiliger, veral vir die swaar belaste minderhede. Dit gebeur landwyd.

Ironies genoeg, het die einste inwoners wat soos een man vir ANC rade gestem het die afgelope aantal maande in hewige dienstebetogings teen hulle plaaslike rade betrokke geraak. Beelde van dikwels geweldadige massaoptrede in Brits, Balfour en Standerton is nog vars in die geheue.

Enersyds is die inwoners van munisipaliteite ontevrede – andersyds het inwoners van groot stede die afgelope weke gesien hoe munisipale werkers staak. Die werkers het skynbaar gevrees dat niemand agterkom dat hulle staak nie – en daarom is die impak van die staking vergroot deur die uitgooi van vullisblikke en die saai van totale chaos in die groot stede.

Terwyl hierdie absurde prentjie homself afspeel, het belastingbetalers reeds landwyd begin om hulleself in plaaslike belasting-aksies te organiseer. Meer as 250 belastingbetalersaksies bestaan reeds.

Belasting word dikwels in 'n aparte trustrekening inbetaal, nadat 'n dispuut met die plaaslike owerheid ingevolge Artikel 102 van die Munisipale Stelsels Wet verklaar is. Die geldigheid van die argumente wat belastingbetalers oor die verklaring van dispute kragtens artikel 102 lewer moet egter nog in die howe getoets word. Maar ongeag wat die howe mag beslis, bestaan daar nou 'n feitelike situasie landwyd dat belastingbetalers betrokke geraak het by die bestuur van hulle dorpe en die lewering van dienste – al is dit op 'n onkonvensionele manier.

In plekke soos Sannieshof, het die belastingbetalers al self ingespring om waterbesoedeling in die dorp en in die township te bestry en elders spring belastingbetalers self aan die werk om slaggate op te vul, sypaadjies te verfraai of waterlekke te herstel.

In teenstelling met die rommelstrooiing en chaos van stakende munisipale amptenare is die protes van belastingbetalers dus eintlik opbouend. Mens sou verwag dat die owerheid die belastingbetalers bedank vir hulle optrede en maniere sou ondersoek waarop die opbouende en deelnemende optrede van belastingbetalers geïntegreer kan word by munisipale omkeerstrategieë.

Maar die regering dink skynbaar anders. Trouens, hy speel sy ou troef -die rassekaart.

Tydens 'n mediakonferensie sonder die Minister van Samewerkende Regering en Tradisionele Leierskap, Sicelo Shiceka, belastingbetalersverenigings (van alle dinge) uit as die sondebokke vir die verval van munisipale dienste. Hy meen dat belastingbetalers "parallelle regerings" geskep het wat die regering ondermyn. Shiceka dreig selfs "wit" belastingbetalers dat hulle hulle vir "oorlog" moet voorberei (Beeld 3 Maart 2010).

Ook die Gautengse premier me. Nomvula Mokonyane was gou om Shiceka te verdedig en te kla dat "wit rassiste daarop uit is om die Tshwane-metroraad geldelik te wurg" (Beeld 11 Maart 2010).

Asof bogenoemde uitsprake nie genoeg omstredenheid uitgelok het nie, besluit die premier om haar woede teenoor wittes nog verder te voer. Op 6 April – vyf dae nadat AfriForum 'n interdik in die Pretoriase Hooggeregshof verkry het teen die sing van die haatlied Dubul' iBunhu en drie dae nadat nuus oor die brutale moord op Eugene Terre'blanche die wêreld geruk het – sing sy en die beleërde burgemeester van Tshwane Dr Gwen Ramokgopa die haatlied saam tydens 'n herdenkingsgeleentheid in Mamelodi.

Die gebeure laat belastingbetalers met die vraag: waarheen nou? As lede van 'n sigbare minderheid moet veral wit Suid-Afrikaners hulleself toenemend op die howe beroep om hulle regte te beskerm en die regstaat te verdedig. Weereens word hierdie pogings om die grondwet en die regstaat te verdedig nie verwelkom nie, maar met woede begroet. Die ANC sekretaris-generaal, mnr Gwede Mantashe se reaksie daarop is om te kla dat "regses wat hulleself op die howe beroep tans die grootste enkele vyand van transformasie" in die land is.

Die tirannie van die meerderheid kan nie deur 'n klomp vryswewende enkelinge teengewerk word nie. Belastingbetalers en inwoners van plaaslike gemeenskappe moet hulleself landswyd organiseer in plaaslike burgerregte-forums rondom daardie twee sake waarin die owerheid faal: gemeenskapsveiligheid en plaaslike dienslewering.

AfriForum funksioneer tans op nasionale vlak en spreek burgerregte kwessies op die twee terreine reeds op daardie vlak aan. Dit het nou noodsaaklik geword dat AfriForum homself vermenigvuldig deur sy snelgroeiende ledebasis in plaaslike gemeenskapsverband te aktiveer. 'n Burgerregte-forum in elke dorp en stad van ons land.

Die tirannie moet bestry word deur die opbouende verset van 'n lewenskragtige en goedgeorganiseerde minderheid wat in plaaslike verband deur veiligheidsaksies die polisiediens help om weer hulle strate in besit neem en kriminele weg te dryf, slaggate te herstel, waterlekke reg te maak en sypaadjies te verfraai.

Vandeesweek se landwye Solidariteit-aksie waaraan plaaslike gemeenskappe by 351 polisiestasies deelgeneem het, kan as die eerste stap na 'n landwye netwerk van burgerregteforums dien.

Wanneer goeie mense niks doen nie – sal die tirannie voortduur. Ons kan dus nie meer stilsit nie.

Willie Spies (regsverteenwoordiger van AfriForum)


Saturday, 08 May 2010

Marie Spies (23 Mei 1932 – 4 Mei 2010)

Huldeblyk en bedankings – 7 Mei 2010

Mamma het haarself nooit op haar doopname voorgestel nie. Meeste het haar bloot leer ken as Marie.

Net haar naaste familie uit haar ouerhuis in Knysna het haar "Maria" genoem. Of sommer Marja – met die klem op die eerste "a" – tot haar ergernis.

Maar in hierdie pragtige en welbekende naam lê soveel betekenis opgesluit – begenadigde.

Omdat sy ons ma was, het sy ons leer praat – ons woordeskat is deur haar gevorm.

En deur haar gesprekke met ons (en sy kon lekker gesels) het sy by elkeen in ons gesin 'n woordeskat vasgelê het wat deurweef was van teksgedeeltes uit die Bybel.

Daardie teksgedeeltes het vasgesteek – sonder dat ons noodwendig eers die teksverwysings daarvan sou ken of onthou sou dit daardie beloftes van die Here soos keurige borduurwerk deel van elkeen van ons se lewens word.

"Sy genade is vir ons genoeg" – het sy gereeld uit 2 Kor 12:9 aangehaal.

Selfs in haar laaste verjaarsdagwense aan Pappa skryf sy op 1 April vanjaar: "Mag Hy ons nog lank vir mekaar spaar, en dat Sy genade vir ons genoeg sal wees!!"

Maar sy genade was selfs meer oorvloedig as wat Mamma op 1 April voorsien het. Op 4 Mei was sy 77 jaar 11 maande en 11 dae oud en op daardie dag het ons Hemelse Vader haar na Hom geneem.

Mamma het altyd vertel hoe baie die syfer 7 – die Bybelse volmaakte getal - in haar lewe beteken:

  • Sy en Pappa is op die 7de van die 7de maand 1956 getroud;
  • Hulle het 7 kinders;
  • Haar moeder is op ouderdom 49 (dis sewe maal sewe) oorlede;
  • Sy het 21 (dis drie maal sewe) kleinkinders;
  • Sy was 77 jaar oud toe sy oorlede is; en
  • Helaas begrawe ons haar vandag op die 7de dag van haar verjaarsdagmaand.

Maar ek het gesê dat haar lewe was sprekende voorbeeld is van iemand vir wie God se genade inderdaad genoeg was.

Ons het dikwels gevrees vir mamma se gesondheid – en haar lewe. Vyf-en-twintig jaar gelede in Junie-maand 1985 is sy opgeneem vir 'n hart-omleidingsoperasie. Sekere lewensbelangrike hartare was grootliks vernou en het behandeling nodig gehad. Destyds het sy in die verstaanbare oomblikke van vrees en onsekerheid oor die komende operasie berusting gevind in die woorde van Fil 1:23: "Want ek word van weerskante gedring: ek het 'n verlange om heen te gaan en met Christus te wees, want dit is verreweg die beste; maar om in die vlees (by julle) te bly is nodiger om julle ontwil."

Interessant genoeg, is die operasie destyds 'n dag voor die tyd gekanselleer weens 'n lewensbedreigende allergie vir jodium en sou sy sonder enige hartvatomleidings vir nog 25 jaar met ons bly.

Inderdaad was sy genade vir haar genoeg.

Vyf jaar gelede is ons almal wat haar so nodig gehad het – tot in ons fondamente geskud: 'n reuse kankergewas is by haar gediagnoseer. Maar soos Hiskia – het sy ook vyf genadejare van die Here ontvang.

Toe ons Dinsdag-oggend inderhaas na die Herfsmed Hospitaal is om haar te gaan bystaan– het ons stilweg gehoop en selfs verwag dat sy weer sou sterker word en om ons ontwil by ons sou bly. Maar dié slag het die Here se genade vir haar beteken dat sy voortaan saam met Christus sou wees. Om 10 oor agt Dinsdag-oggend het sy - na 'n kort rukkie van ongemak, onder die geklank van Ps 23, self haar oë gesluit en aanbeweeg.

Mamma het as opgeleide verpleegkundige gereeld terminale siek pasiënte verpleeg tot met hulle dood. Tydens die sterwensoomblikke van een so pasiënt jare gelede, het sy 'n gebed gedoen vir die vrou wat in erge angs en pyn verkeer het. Die vrou het stiller geraak, rustiger begin asemhaal en vreedsaam gesterf. Toe 'n familielid haar agterna bedank en loof vir haar "perfekte tydsberekening" het sy geantwoord dat dit nie haar tydsberekening is nie, maar dié van die Here.

En sy tydsberekening was ook in haar geval perfek. Almal in ons familie is dit eens dat ons vyf jaar gelede gewoon nie gereed sou wees om van haar afskeid te neem nie. Ons doen dit vandag as mense wat oor 'n tydperk van 5 jaar voorberei is om in dankbaarheid te mag afskeid neem.

Die bos-verhale van Dalene Matthee is vir ons almal van besondere waarde. Dit vertel die verhaal van die mense wat geleef en gewerk het as houtkappers en later bosbouers in die Knysna-woud. Dalene Matthee het uitstekend geslaag om die karakter van die bosmense saam te vat. As jy haar boeke lees voel dit byna asof mamma vir ons verhale uit haar eie kinderjare vertel.

Veral Toorbos, wat afspeel in Gouna-omgewing in die 1930's vertel dit baie mooi. Net soos die hoofkarakter in Toorbos het mamma skoolgegaan by die Huishoudskool op Knysna. Haar skoolhoof, Vita de Klerk, het haar aangemoedig om die boswêreld na skool te verlaat en haar in een van die Afrikaanse stede, Bloemfontein, te gaan bekwaam as verpleegkundige. Daar het sy toevallig vir oom Apie Spies met wie tannie Vita de Klerk intussen getroud is, versorg. Tannie Vita en Oom Apie het haar vir 'n ete oorgenooi en daar het sy Oom Apie se jonger broer Willie ontmoet. Mamma is seker die enigste mens wie se skoolhoof uiteindelik haar skoonsuster geword het en sy het enduit die hoogste agting vir Tannie Vita gehad.

Dalene Matthee beskryf die bosmense so. "Anderster mense…geheimsinnig soos die diepste boskloof waar weinig dit waag om 'n voet te sit …wat more met die openhartigheid van kinders hulle diepste vrese uitpraat, 'n laaste stukkie brood of patat met mekaar deel, 'n swakke se byl by hom vat en sy houe vir hom kap, (of) die hoogste krans aan die bergvoet uitklim om 'n heuningnes by te kom vir 'n soetigheidjie".

In haar geval sou dit net nie vir heuning wees nie maar 'n veldblom, soos 'n wilde koningsprotea, heide of selfs 'n arm vol kosmos langs 'n hoofpad op die Hoëveld. Maar die eerste prys na 'n mooi fynbos-blom, was 'n steggie wat sy met groot sorg op die kombuis se vensterbank in 'n glasie water sou versorg totdat fyn worteltjies begin uitstoot en die steggie tekens toon dat dit self kon groei om iewers in haar tuin 'n plekkie te vind.

Daar groei nou nog 'n rank-rosie in haar tuin wat sy gekweek het uit 'n steggie wat ek so paar jaar gelede vir haar moes breek uit die bos voor die murasie van haar grootword-huis in Gouna.

Uiteraard was haar eerste jare in Bloemfontein vir haar 'n groot aanpassing want al die steggies wat met groot sorg na 'n Desember-vakansie uit Knysna saamgebring is het gewoonlik met die eerste strawwe Bloemfontein-ryp doodgeryp. Sy was was nie gewoond aan die barre, droë koue van die Vrystaat nie, want waar sy vandaan kom was alles groen.

Anders as meeste mense wat hunker na-sonskynweer was mamma op haar gelukkigste in koel ligte reënweer – soos in die bos. Dinsdag was juis so koel ligte reëndag, met Pretoria so groen soos dit in jare nog nie in herfstyd was nie.

In Toorbos vertel die skryfster hoe die afkap van 'n reuse Outenikwa-geelhout of Kalander 'n blou gat in die groen bosdak gelaat het wat net nie wou toegroei nie.

Die heengaan van Mamma – laat ook so gat – maar ons treur nie daaroor soos die ongelowiges nie. Sy het ons immers geleer om "die dinge wat agter is te vergeet en ons uit te strek na wat voorlê".

Daarom wil ek graag die geleentheid gebruik om elkeen van u wat hier is te bedank.

Regdeur haar lewe het mamma energie en krag gekry van die mense wat rondom haar was. Ons kon dikwels sien hoe 'n besoek van kinders of kleinkinders weer nuwe lewe in andersins moeë oë gebring het. Daarom waardeer ons dit dat u almal hier is.

Baie dankie vir tannie Bertha Spies en Maria vir die pragtige begeleiding.

Ons dank ook aan Ds Dirk Lourens vir die diens en ook sy besoek by die Herfsmed kliniek Dinsdag-oggend. So ook aan Ds Jan van den Berg en Fried Ferreira wie albei die familie bygestaan het Dinsdagoggend.

Besondere dank ook aan die dokters wat haar behandel het in die laaste tyd – Dr Joggie Jansen en Dr Boegman asook die personeel van die Herfsmed kliniek.

Ons dank ook aan Mario van Rensburg vir besondere professionele en bedagsame diens rondom die begrafnisreëlings.

Aan die sustersvereniging van die Evangelies-Gereformeerde Kerk Rietfontein, baie dankie vir die verversings na die tyd. Mamma het niemand by die huis laat loop sonder 'n koppie tee nie. U word uitgenooi om ook agterna terug te kom na die kerk om hier 'n koppie tee saam te geniet.

Aan ons sussies, Marita en Mariechen wat die blomme rangskik het, dankie dat julle dit kon doen soos Mamma daarvan sou hou.

Marita en Mariechen is albei na mamma vernoem. Marita verjaar die 22ste Mei en Mariechen die 23ste – op haar verjaardag. Sy het hulle altyd "haar presentjies" genoem.

Marita, dankie vir die reuse geskenk wat jy vir mamma teruggegee het deur – ten koste van jouself en jou gesin – soveel tyd aan haar verpleging tuis te spandeer en vir pappa uit te help as hy jou nodig gehad het. Mariechen wat Maandagnag (en verskeie vorige nagte) by haar deurgebring het, baie dankie

Ek sluit graag met 'n gedig wat swaer Johann Jordaan jare terug geskryf het en gister bygewerk het -

In haar jongmeisiedae, in Knysna se woud,

tussen bosreuse: vlier, kwar en ysterhout;

is 'n mens gevorm – 'n vrou soos min ander –

eiesoortig, uniek soos die Knysna kalander.


 


 

In daardie wêreld wat geen mens ontsien nie,

Is spoelgoud ontdek in die Bos se Homtini.

Net so, in 'n wêreld bekend om sy hout,

Is 'n meisie gelouter tot suiwer goud.


 

En later sou al daardie rykdom ontvou

'n moeder, 'n skoonma, 'n ouma, 'n vrou –

so uniek en besonders dat almal verstaan:

Daar's lig en daar's lewe waar Marie Spies gaan.


 

Maar wyl 'n geelhout se blarekroon

ver bo die ander bome uittroon,

staan haar stam in die grond tussen mos en gras

waar die vaalvrot soos kanker vreet aan die bas.


 

En diep in die grond raak sy stadigaan los

van alles wat aards is én bome én bos –

tot die dag dat 'n windjie haar óm kon stoot

en 'n gat in die bosdak onpeilbaar ontbloot ...


 

En ons wat wil swik van die smart en die seer,

vind berusting en troos, want ons weet dat sy weer

– van lyding bevry, soos 'n jongmeisie, tans ligvoets tussen varings, oor kreupelhout dans!

Saturday, 15 March 2008

Berig in Saturday Argus oor "jammer se"

'I benefited from apartheid'
By Thabiso Thakali

Horrified by the racist video made by four white students at the University of the Free State and then humbled by the Australian government's apology to the Aboriginal people, Karl Gostner, 35, has started an online blog to encourage white South Africans to acknowledge the horrors of the past.The blog, the apartheid apology, seeks to be a public record of a gesture of contrition by thousands of white South Africans willing to "say sorry for apartheid and contribute to the healing of the nation". According to Gostner, a similar site has also been established on social networking blog Facebook."This is something I thought of for a number of years now, but after several racial incidents, including the video made by four white students, I decided this would become a public record of white South Africans acknowledging the horrors of the past and their commitment to the future of the country," explained Gostner, a Cape Town radio manager.

'Leave that to the guilty parties'

He said it had been remarkable for him to realise how many white South Africans squirmed from acknowledging that they benefited from apartheid.Despite taking no part in apartheid atrocities, Gostner has offered his own apology on the blog because he believes he benefited from the system. "There is no doubt that I benefited from apartheid," he said. "I went to a well-funded school. I never had policemen raiding my home, arresting my parents, teargassing my classroom or anything else that constituted the teenage years of many black South Africans who are my peers. The fact that I have a successful life today is because I did not experience the violence of apartheid."In the three weeks since the blog was launched, Gostner has received a mixed bag of messages from individuals and organisations that "feel very strongly about doing something to acknowledge the wrongs of the past" and those who believe the idea is patronising.

'The book needs to be closed now'

"You can only apologise if you are responsible for some action or inaction. In your case the ANC was unbanned and you weren't even of maturity age," wrote an anonymous contributor to the blog."You benefited from apartheid, which is something you should acknowledge, but it is illogical that you apologise for something you had no active part in and were too young to play an active part in opposing. Leave that to the guilty parties.

"The Freedom Front Plus said it believed the exercise of asking people to apologise was unnecessary because it would be impossible to judge who needed to apologise and who did not."Our view is that an apology and forgiveness is a once-off event, that is according to the Christian tradition. South Africa has gone through the very traumatic truth and reconciliation process of the 1990s. Many apologies were made and noted."The book needs to be closed now. We should leave the past behind us and learn from it," said FF+ spokesperson Willie Spies.

Spies questioned how far back apologies would have to go if people were to consider British atrocities against Boer women and children in concentration camps, and the wars fought by King Shaka and King Mzilikazi against the Sotho and Tswana speakers' forefathers."We need to learn to adopt an inclination towards the future. A repeated focus on the past creates a culture of non-accountability - a culture that blames all present failures and neglects on the past and on external factors."This is a self-destructive culture and, as South Africans, we should learn to overcome it," he said.Spies said an incident such as the racist video at UFS took place despite the main Afrikaans- speaking churches and Afrikaner political leaders having apologised for the wrongs of the past. It was not apologies that would change attitudes, but rather a change of heart.

Meanwhile, the UFS management is yet to decide on the future of the Reitz hostel where the video was made. The hostel is expected to be closed after the university council gave a mandate to management to consider its future following the racism furore. University spokesperson Lacea Loader said management was still considering the future of the hostel and an announcement would be made soon.

Sunday, 03 February 2008

Partnerships needed to save education

Education Minister Naledi Pandor should engage parents, school governing bodies and communities as partners and not as enemies if she wants to save South Africa from its current education crisis.

This was the reaction of the FF Plus’ parliamentary spokesperson on education, Willie Spies to the publication of a report by the financial weekly Finweek, which reveals that South Africa is facing an education crisis.

The report revealed a fundamental crisis in the education system which is sorely lacking resources to equip a nation adequately for future growth. Some startling statistics and findings published in the report include the following:

During the past two years, 535 000 people were ejected from school without any passing certificate and a very uncertain future

At this time, citizens between the ages of 20 and 24 represent 14% of the labour force, but are already over-represented among the unemployed, accounting for roughly 27% of that number.

Of the 564 775 matriculants who wrote the year-end exam last year, more than 200 000 failed.

The decline in pass rate and a lack of skills, says the report, are creating a slippery slope for further economic growth.

Between 1999 and 2004, an average of only 4,4% of matriculants achieved mathematics passes adequate for gaining entry into university to study natural sciences.

In 1999 only half of the country's maths and science teachers had tertiary qualifications in these subjects.

For the past 16 years, fewer than 7% of Senior Certificate candidates passed higher-grade maths, according to a 2007 Centre for Development Enterprises survey on maths and science in schools.

In 2006, only 4,8% of matriculants passed higher-grade maths, and only 5,7% passed higher-grade science.

When the class of 2010 (now in grade 10) was in grade three in 2001, the national survey of performance showed that 30% did not achieve the required standard in numeracy, and 54% did not achieve the required standard in literacy.

For the class of 2011, the 2005 grade-six evaluation showed that only 28% performed at the required standard in numeracy. For literacy, it was only 38%.

In addition to the education crisis, South Africa is losing skilled professionals to other countries that use South Africa as a hunting ground for recruitment. A study recently found that the loss of one skilled professional in South Africa costs up to 10 unskilled jobs.

It is clear that the ANC government will have to re-orientate itself to save the country from more crises caused by skill shortages and inferior education. Unfortunately the present approach by Ms Naledi Pandor and her provincial education departments to target and victimize the few successful schools such as the Ermelo High School with political activism and court action, while the bulk of the education system remains unchanged, spells nothing good for the future.

Saturday, 19 January 2008

Lig in die tonnel

Vandag was ek verstom om in die winkel te kom en by 'n gewone ou oom te verneem van sy (en ek glo duisende ander soos hy se ongetemde woede oor die kragonderbrekings. Ek sal die goed wat hy kwytgeraak het nie herhaal nie, maar hy was kwaad.

Ek verneem van plekke wat reeds drie dae na mekaar byna voldag sonder krag was. Wat mense nog moedeloser maak is die feit dat daar geen einde in sig is vir die ellende wat deur die beterweterige bewindshebbers se wanbestuur veroorsaak is nie.

Die Oom in die winkel druk met sy wysvinger op die voorbladfoto op Beeld van treine wat deur gefrustreerde pendelaars aan die brand gesteek is en se: "sien jy, hulle maak alles tot niet. Hulle het die krag opgeneuk en nou dink hulle hulle gaan die probleem oplos deur die trein te vernietig. Wat gaan in hulle koppe aan?!"

Die vryskutjoernalis en energiekenner, Andrew Kenny skryf nou die dag vir my die enigste manier waarop Suid-Afrika die 2010 Wereldbeker kan aanpak is met die toepassing van drastiese beurtkragmaatreels. Die stede waar wedstryde gespeel gaan word gaan krag he, maar die res van die land gaan in donker gehul wees.

Dit kan tog nie daar gelos word nie. Ons moet iets doen. Ons land is ryp vir verandering.

Ek gesels bietjie met die Oom en eintlik het ek nie antwoorde nie. Dit help nie om hom te herinner dat ek onlangs Jan Heunis se boek "die Binnekring" gelees het en dat ek uit die perd se bek gehoor het dat die "onderhandelaars" vir 'n nuwe grondwet 15 jaar terug nie 'n vinger verroer het om iets vir die mense wat hulle daar gekry het, te onderhandel nie. En dat wat ons nou beleef net die logiese uiteinde van daardie proses is nie.

Ek noem toe maar vir die Oom dat die toekoms nie in die hande van die huidige bewindhebbers is nie, maar die die hande van Een wat groter as ons almal is. Soos die koloniale bewind in Suid-Afrika sy einde gehad het, so het ook die apartheidsbewind sy Moses teegekom, maar helaas, so sal ook die huidige bewind ook op sy tyd tot niet gaan. Ons moet ons net met die regte dinge besig hou, aanhou werk, aanhou droom en die geloof behou - daar is hoop op uitkoms.

Die Oom se blik versag en sy vrou langs hom stem heftig saam. Ons groet mekaar en ek se vir die Oom hy moet moed hou. Hy glimlag vir die eerste keer: "ou maat onthou, voor in die wapad brand 'n lig, ne?.."

Ja Oom, daardie Lig brand en geen mens kan dit uitdoof nie.

Wednesday, 31 October 2007

Jake White - 'n simbool en inspirasie

Jake White se aankondiging dat hy uittree as Springbok afrigter, laat mens tog met 'n gevoel van hartseer. Almal weet dis die regte ding om te doen. Hy het sy doelwitte bereik, 'n sukses gemaak en hy verlaat die partytjie op 'n baie hoe noot. Maar Jake White het 'n simbool geword van baie dinge wat Suid-Afrikaners vandag ook beleef.

Tot voor die wereldbekertoernooi was Jake White die slaansak van elke Jan-Rap en sy maat se kits-kundigheid oor rugby. Die vader van alle oningeligte kritici was sekerlik ons eie parlementere hofnar en sportkomitee voorsitter, Butana Kompela.

Die kritiek wat Kompela en SA Rugby se twee politieke aanstellings (Oregan Hoskins en Mike Stofile) dikwels ongegrond teen White uitgespreek het, was op 'n manier simptomaties van die tipe teenstand wat elke wit Suid-Afrikaner in die Suid-Afrika van vandag beleef. Ek spot dikwels dat Jake White se van waarskynlik die vernaamste rede was waarom baie ANC politici (wat die laaste week besonder stil was) hom so gehaat het.

Die onregverdige kritiek en teenstand wat White beleef het is op 'n manier analoog aan die onregverdige behandeling wat Suid-Afrikaners uit minderheidsgroepe aan die hand van veral misdaad, regstellende aksie en marginalisering in die werkplek beleef.

Maar soos White, ten spyte van teenkanting deur 'n klomp narre, sy visie behou het, sy doelwitte lewendig gehou het en sy manne aangespoor het om uiteindelik alle kritici se monde stil te maak, net so kan elke gemarginaliseerde in Suid-Afrika weet dat deur visie te behou, gemotiveerd te bly en die wenpaal in die oog te hou, die oorwinning tog anderkant die horison wag.

Dis die les wat ek geleer het uit die storie van Jake White.

Friday, 07 September 2007

Meeste punte, meeste drieë, geen beker

Lanklaas was ek so teleurgesteld oor ‘n sportuitslag soos met die parlementêre wêreldbeker wat pas in Parys ten einde geloop het.
As deel van die Suid-Afrikaanse span was dit heerlik om deel te wees van ‘n stukkie positiewe samespel. Na die tweede wedstryd was ek (en al die ander spanlede) oortuig dat die trofee vir ons wink.

Daar sou geen eindstryd wees nie en die wenner sou aangewys word deur na die spanne se vertonings in die drie wedstryde te kyk. ‘n Wen sou 3 beteken, ‘n gelykopuitslag 2 en ‘n verloor 1.

Almal was onder die indruk dat daar in geval van ‘n gelykopuitslag met toernooipunte, eers na wedstrydpunte aangeteken en daarna na drieë gedruk, gekyk sal word om die wenner te bepaal. Al ons planne was gevolglik gemaak rondom die druk van drieë. En dit het ons ook reggekry.
Donderdag was die laaste rondte wedstryde. Maar die organiseerders was onkant betrap. Hulle het begin besef dat daar teen hulle verwagtinge in, 3 spanne sou wees wat aldrie hulle wedstryde sou wen: SA, Nieu Zeeland en Australië.

Daar moes toe vinnig op ‘n werkswyse besluit word en die besluit word toe – op die laaste dag van die toernooi - geneem dat “punte aangeteken minus punte afgestaan” sou tel.
En dit was die spyker in ons kis. Ons het 15 punte afgestaan en Nieu Seeland slegs 8. Ons sou dus 7 meer punte as hulle moes aangeteken het om gelykop te wees. Ongelukkig het ons net 5 meer punte as hulle gehad – en daarmee was die slag gelewer. Nieu Seeland het die parlementêre wêreldbeker weer gewen – met minder punte, minder drieë en waarskynlik ‘n swakker span as ons s’n.

Die finale uitslag (eerste drie plekke) was soos volg

1. Nieu-Zeeland: 9 toenooipunte; 46 vir 8 teen; 7 driëe
2. Suid-Afrika: 9 toenooipunte; 51 vir 15 teen; 9 driëe
3. Australië: 9 toernooipunte; 42 vir 13 teen; 7 driee

Tuesday, 04 September 2007

SA nou die gunsteling in parlementêre rugbystryd

Na die tweede dag van spel in die Parlementêre Rugby Wêreldbeker toernooi is Suid-Afrika nou ‘n gunsteling om die toernooi te wen.

Die Suid-Afrikaanse span het in die eerste helfte van hulle wedstryd gister in die Stade Charlèty teen Frankryk spog-rugby gespeel. Drieë deur Jacques Sandt en Mossie Mostert van die polisie se parlementêre BBP eenheid, Abé Seldon van die parlementêre TV-diens en Fernando Faviers, 'n parlementere diensbeampte het die Suid-Afrikaners na 30 minute met 22-0 laat voorloop. Die Franse het in die tweede helfte teruggeveg en 2 drieë gedruk om die telling op 22-12 te laat eindig.

  • Ander uitslae van die dag was:
    Australië 13 - Zebras (gekombineerde span) 10, nadat Australië in die doodsnikke ‘n strafskop gekry het
  • UK Lords & Commons 10 - Argentinië 3; en
  • Nieu - Zeeland 12 - Ierland 3, ‘n ‘n drie en ‘n vervyfskop deur die Nieu Zeelanders in die laaste minuut.

Die laaste dag van spel is die 6de September. Daar is nie 'n eindstryd nie, en die span met die meeste punte wen die parlementêre wêreldbeker.

Tans is die puntestand soos volg:

Suid-Afrika: 9 toenooipunte; 32 wedstrydpunte; 6 driee
Australië: 8 toernooipnte; 30 wedstrydpunte; 5 driee
Nieu-Zeeland: 8 toenooipunte; 27 wedstrydpunte; 4 driee
Argentinië: 4 toenooipunte; 14 wedstrydpunte; 1 drie
UK Lords & Commons: 4 toenooipunte; 10 wedstrydpunte; 2 driee
Frankryk: 0 toenooipunte; 17 wedstrydpunte; 3 driee
Zebras gekombineerde span: 0 toernooipnte; 13 wedstrydpunte; 2 driee
Ierland: 0 toenooipunte; 11 wedstrydpunte; 1 drie

59 parlementslede en 178 parlementêre beamptes van 7 rugbyspelende lande neem aan die toernooi deel. Die Suid-afrikaanse span se laaste wedstryd is teen die UK Lords & Commons op Donderdag 6 September in die Stade Yves du Manoir, Parys.

Vir navrae, kontak
Willie Spies
Tel 0033153 46 50 50 vra vir 238

Sunday, 02 September 2007

Rugby, oorlopery, Engeland

Ek is op die oomblik in Engeland. Ek neem tans saam met 9 ander LPs en 'n klompie parlementere personeel deel aan die Rugby Wereldbeker vir parlementere spanne. Daar moet te alle tye 6 LP op die veld wees, wat beteken dat ek nou ook 'n kwotaspeler is.

Ons eerste wedstryd was Vrydag Clarant, naby Parys. Ons het gespeel teen 'n gekombineerde span van parlementslede en "huursoldate" van oral. Ek self het na so 10 minute op die veld 'n bloedneus gekry. My spanmaats is baie beindruk met die feit dat ek die eerste een was wat "gebloei het vir my land". Ons het uiteindelik met 10-3 gewen.

Ander uitslae van die dag was: Nieu-Seeland 15 Frankryk 0; Argentinie 11 Ierland 8 en Australie 21 UK Lords & Commons 0.

More speel ons teen die Franse parlement.

Die oorloopseisoen het begin en die VF Plus se eerste wins is in die Groter-Pretoria Streek! Deon van Tonder die DA se raadslid vir Wyk 1 (Silver Lakes en Mooikloof), Kungwini het gister by die VF Plus aangeluit. Ons het ons verteenwoordiging in die Kungwini raad nou verdubbel en daarmee saam ook (waarskynlik) ons verteenwoordiging in die Metsweding Distriks-munisipaliteit.

Gister het ek met die Eurostar-trein van Parys na London gereis. Die trein ry teen so 200 km/h tussen Parys en London en stop nerens. Die hele rit neem so 2 uur en 40 minute. In Engeland aangekom, het ek saam met my skoonouers gaan middagete eet in die "Bel and the Dragon"-restourantjie in Windsor (op die queen se drumpel). Al drie die kelners is Suid-Afrikaners: twee Afrikaners van Bloemfontein en Pretoria en een swart meisie van Limpopo (of "Limpompo" soos sy dit noem). Gisteraand het ek saam met my skoonouers en 5 Afrikaanse gesinne in Swindon gaan braai. Trouens, toe ek gisteraand gaan slaap besef ek, ek het na 'n dag in Engeland meer Afrikaans met vreemde mense gepraat as op 'n tipiese dag in Kaapstad. Skrikwekkend!

Vanmiddag is dit terug Parys toe vir die rugby more.

Friday, 03 August 2007

Genoeg is Genoeg met Tshwane knoeiery

Die VF Plus vergader vanoggend met senior advokate in Pretoria om voor te berei op ‘n regsproses wat die onsekerheid oor die naam van Pretoria vir eens en vir altyd tot ‘n bevredigende beslissing moet bring.

Ons het nou genoeg gehad van die Tshwane Metroraad se jarelange geknoei met die naam van Pretoria.

Nuusberigte in Beeld vandag lui dat die Tshwane Metroraad nou ‘n interne brief sirkuleer waarin die voorneme bekend gemaak word om sonder meer alle naamborde op munisipale, provinsiale en nasionale paaie vanaf Pretoria na Tshwane te verander.

Dit is totaal ongehoord. Naamborde kan alleenlik verander word om amptelike plekname soos goedgekeur en geregistreer in die Nasionale Pleknaam-register te reflekteer. Die Minister van Kuns en Kultuur het nog nie die Metroraad se versoek om Tshwane se naam as pleknaam te registreer goedgekeur nie en die Premier van Gauteng het boonop aanbeveel dat die aansoek teruggetrek behoort te word.

Dit is nou duidelik dat die Metroraad besef het dat hy hopeloos verkeerd opgetree het deur twee jaar gelede teen wil en dank voort te gaan met die aansoek om die naam Tshwane as pleknaam te registreer. Wat hulle nou doen is om hulle fout reg te knoei deur met naamborde en advertensies ‘n skynwerklikheid te skep ten opsigte van ‘n administratiewe proses wat onvoltooid en onvoldoende was. Ons gaan nie toelaat dat die Metroraad ‘n kosbare kultuur-erfenis en die trotse geskiedenis wat dit verteenwoordig met sy onbeholpe administratiewe onvermoë uitwis nie.

Afgesien van die registrasie van die naam Pretoria op die geografiese nameregister, kom die Pretoria naam ook by die Aktekantoor en Landmeter-generaal se dorpsregisters voor in 17 geregistreerde dorpsname waaronder Pretoria-Noord, Pretoria-Wes, Pretoria-Tuine en Pretoria Nywerheidsgebied.

Friday, 27 July 2007

Slaan eerste!

Baie dinge het my al verras in die politiek. Maar die nuus dat die DA se parlementere leidster Sandra Botha nou die slagspreuk "slaan eerste" as rassisties uitsonder, oortref alles.
Stommiteite soos die DA se jongste veroordeling van die VF Plus se veldtog teen kwotas op Kovsiekoshuise kos partye baie duur. Ek dink die DA gaan die politieke instinkte van sy voormalige leier Tony Leon mis.

Wednesday, 18 July 2007

Absurde denke oor regstelaksie

Ek was gisteraand verstom om oor die nuus te hoor dat Mbeki se "dinkskrum" reken wittes is nou beter daaraan toe danksy regstellende aksie. Volgens die taakgroep is wit mans en vroue die grootste begunstigdes onder regstellende aksie.

Ek dink hierdie een sal ook in die geskiedenis onthou word as een van die absurditeite uit die Mbeki-era. Ander soortgelyke foutballe was Mbeki se standpunte oor Vigs en Zimbabwe.

Die VF Plus en Solidariteit het reeds by verskeie geleenthede kommer uitgespreek oor die betroubaarheid van die syfers soos weerspieël in die verslag van die Gelyke Indiensnemingskommissie - dis nou die verslag wat as basis gebruik word vir die taakgroep se gevolgtrekkings.

Die verslag se vernaamste fokus is die samestelling van die topbestuursvlakke van maatskappye wat in die betrokke jaar gelyke indiensnemingsverslae ingedien het. Dit verteenwoordig nie eers 5% van die totale arbeidsmark nie. Op die laer posvlakke is wit Suid-Afrikaners byna sonder uitsondering onderverteenwoordig.

Dit is juis wit werksoekers op die intreevlakke wat die druk van regstellende aksie die ergste voel. Armoede onder wit Suid-Afrikaners neem ook die vinnigste toe. Volgens sekere berekeninge tel soveel as 400 000 wit gesinne onder die armstes in die land. Afgesien het soveel as 1 miljoen wit Suid-Afrikaners reeds die land verlaat, meestal weens regstellende aksie en misdaad.

Aartsbiskop Desmond Tutu het die naweek tydens ‘n byeenkoms van die Suid-Afrikaanse Raad van Kerke kritiek uitgespreek op die feit dat regstellende aksie mense uit die land uit dryf.

Sunday, 15 July 2007

So hanteer Ierland plekname


Tydens 'n onlangse besoek aan Ierland was ek verras om te sien hoe die Iere (en nou ook die Skotte en Walliesers) daarin slaag om erkenning aan albei die plekname (in die Iers-Galliese taal, sowel as in Engels) te gee.
Miskien kan Pallo Jordan Ierland besoek en 'n paar lesse kry oor hoe om 'n verdeelde gemeenskap met 'n volwasse hantering van plekname te heel.

Saturday, 14 July 2007

Regstel-aksie is dood, sê Erwin

Berig deur Pieter Malan uit Beeld 12 Julie 2007

Londen. – Mnr. Alec Erwin, minister van openbare ondernemings, sê regstellende aksie in Suid-Afrika is in vele opsigte dood.
Hy het hier gesê dit word in die praktyk nie meer toegepas nie omdat daar so ’n vaardigheidstekort in die land is.
Erwin het gister, tydens ’n vraag-en-antwoordsessie met lede van die Suid-Afrikaanse Besigheidsklub in Londen, die land se regstellende aksie-beleid verdedig en gesê Suid-Afrika sou ’n groter tekort na vaardighede gehad het as dit nie daarvoor was nie. “Die hoeveelheid vaardighede wat Suid-Afrika nodig het, kon onmoontlik deur wit Suid-Afrikaners alleen verskaf word.”
Op ’n vraag hoe belangrik die beleid van regstellende aksie steeds vir die ANC-regering is, het Erwin gesê regstellende aksie is in baie opsigte dood “nie wat ’n beleid betref nie, maar as ’n vereiste” (tydens werksaansoeke). Hy het mediese aanstellings in die Wes-Kaap as ’n voorbeeld genoem en gesê die meeste dokters wat in dié provinsie aangestel word, is wit.
Intussen het dit aan die lig gekom dat mnr. Tony Blair, die voormalige Britse premier, sy ongemaklikheid met die ANC-regering se regstellende aksie program in 1999 aan mnr. Thabo Mbeki oorgedra het toe Mbeki nog adjunkpresident was.
Alastair Campbell, Blair se voormalige woordvoerder en beeldpoetser, skryf in sy dagboek wat hierdie week in Londen gepubliseer is oor ’n private ontmoeting in Januarie 1999 tussen Blair en Mbeki.
Campbell skryf dat Blair daartydens aan Mbeki gesê het dat die ANC regering “te geheg is aan die beleid van regstellende aksie”.
Volgens Campbell wou Blair die versekering van Mbeki hê dat “swart Suid-Afrikaners nie ryk sal word deur wit Suid-Afrikaners arm te maak nie”.
Erwin het gesê Suid-Afrika het gedurende die laaste paar jaar alles in sy vermoë gedoen om veral Suid-Afrikaanse ingenieurs uit die buiteland terug te lok.
“Ons het waarskynlik die meeste van die vaardigheid wat ons kan, teruggebring. Daar mag miskien nog meer daar buite wees, maar ons soek hulle.”
Hy sê nadat redelik baie ingenieurs die afgelope paar jaar teruggekeer het na Suid-Afrika, raak dit nou al hoe moeiliker om mense terug te lok vanweë die reuse-salarisse wat hulle in die buiteland verdien.
Hy sê een van die dinge wat kommer wek is dat net die helfte van ingenieurs wat in Suid-Afrika opgelei word, uiteindelik as ingenieurs werk. Die ander helfte gaan werk in ander industrieë en beroepe en daar is pogings om saam met ingenieursfirmas te werk om seker te maak dat alle ingenieurstudente in dié veld bly werk.

Friday, 13 July 2007

Regstel-aksie debat ook na Namibie

Dis nie net in Suid-Afrika wat die debat oor regstellende aksie opwarm nie. Mnr Jurie Viljoen van die Monitor Aksie Groep in die Namibiese Nasionale vergadering, het verlede week 'n mosie by die Nasionale Vergadering in Windhoek ingedien om te vra vir die insluiting van alle jongmense wat vanaf Januarie 1990 (die jaar na Namibie se onafhanklikheid) skool toe gegaan het, om voordeel te trek uit regstellende aksie maatreels.

Jurie het in sy motivering vir die mosie onder andere gese hy die mosie is nie maar net nog 'n besprekingspunt nie maar 'n belangrike een omdat die uitslag daarvan ver buite die grense van Namibie van belang is.

Jurie is natuurlik doodreg. Ons hou die afloop van die debat dop en wens hom sterkte toe. Ons saak wen altwee kante toe. As SWAPO instem tot Jurie se voorstelle is dit 'n reuse stap vooruit. As hulle dit afskiet, dan openbaar hulle vir die wereld hulle rassistiese anti-wit agenda.

Enkele uittreksels uit Jurie se toespraak:

"It is now 17 years after the independence of Namibia and the vast majority of the youth, both black and white, knows no other Government except the current ruling one...These learners should not be cut from equal opportunities and rights by Affirmative Action. This is a so-called new generation-born free from and only after an apartheid past".

"My motion is… that this Honorable House considers the expansion of beneficiaries of Affirmative Action to include all Namibians who started their school careers in 1990, irrespective of gender, race or color".

Wednesday, 11 July 2007

Naamsveranderings – waaroor die ophef?

Protes nie oor name alleen nie, maar oor wyse waarop regeer word

Naamsveranderinge is sedert 1994 één saak waaroor lede van die publiek uit die hoofsaaklik wit en Afrikaanssprekende gemeenskap in Suid-Afrika hulle apatie oor politieke sake opsy kon skuif.
Groot straat-optogte het al oor die beoogde verandering van Pretoria en Potchefstroom se name plaasgevind en die saak bly omstrede.

Die gemeenskap van Louis Trichardt het ook onlangs suksesvol Appelhof toe gegaan en dit reggekry om die verandering van hulle dorp se naam na Makhado te laat omkeer.

Enkele maande gelede het die hoofsaaklik Zoeloe-etniese party, die IVP ook die aandag getrek met ‘n reuse protesoptog in Durban waaraan tienduisende mense deelgeneem het. Hier het dit ook gegaan oor beoogde naamsveranderings. In die geval was dit die ANC beheerde Metroraad se planne om die naam van die Mangusuthu Hoofweg – wat na die IVP-leier en voormalige Hoofminister van Kwa-Zulu, Dr Mangusuthu Buthelezi vernoem is, te hernoem na ‘n ANC struggle-held.

Naamsveranderinge is egter niks nuuts nie. Voorbeelde is regdeur die geskiedenis te vind en dateer selfs uit die Bybelse tyd.

Bybelse voorbeelde

God het dikwels die name van mense verander om daardeur ‘n besondere verbintenis te bevestig. Abram het Abraham geword, Sarai het Sara geword, Jakob Israel en in die Nuwe Testament Saulus Paulus, om maar net ‘n paar voorbeelde te noem.

Naamsveranderinge van plekke is ook ‘n verskynsel wat al sedert Bybelse tye te vinde was veral wanneer gedenkwaardige gebeure of wonders plaasvind. Abraham hernoem byvoorbeeld die berg Moria na die Hebreeuse woord wat beteken “die Here sal voorsien” - nadat God uitkoms gee en Isak ‘n offerdood spaar. Uiteraard was die samelewing van die vroeë Bybelse tyd anders as vandag. ‘n Naamsverandering van ‘n plek is nêrens geproklameer of andersins wettig of amptelik gemaak nie. Dit was ‘n samelewing waarin die mondelinge tradisie geleef het. Name is in familie- en stamverband van geslag tot geslag oorgedra daarom was dit sekerlik moontlik dat vir een stam, een naam geld en vir ‘n ander stam weer ‘n ander naam.

Dis waarskynlik die rede waarom die verskynsel van verskillende name vir dieselfde plek volop voorkom. Jerusalem staan byvoorbeeld in Bybelse en na-Bybelse literatuur onder soveel as 70 name bekend. ‘n Paar voorbeelde van hierdie name was Salem (Gen 14:18), Sion (op 154 plekke in die Bybel gebruik, veral in die Psalms), Moria (Gen 22:2), Jebus (Rigters 19:10) en Ariël (Jes 29:1). Uiteraard was daar nie ‘n noodwendige chronologie waarin die name gebruik is nie. Die name is eerder afwisselend van geval tot geval gebruik. Hier was dus nie sprake formele veranderings van name nie maar eerder ‘n afwisselende gebruik van verskillende name vir dieselfde plek.

Dan het Jerusalem ook nog verskillende name gekry by elke bewindhebber wat die stad deur die geskiedenis beheer het. Die Romeine het die stad Aelia Capitolina genoem en die Moslem bewindhebbers van die Middeleeue en daarná: Al-Quds en Bayt al-Muqaddas. Bewindhebbers het natuurlik anders as meeste gewone mense geskrewe rekords gehou. Stede en streke moes immers geadministreer word en die name wat in die amptelike rekords sou voorkom dit sou natuurlik afhang van wie die bewindhebber op die bepaalde tydstip was.

Algemene geskiedenis voorbeelde

Namate modernisering in die wêreldgeskiedenis plaasgevind het, het die verskynsel van formele en amptelike name vir plekke begin posvat. Die neiging tot standaardisasie van elke aspek van die samelewing het ook begin deurgesyfer. Standaardisasie laat natuurlik nie werklik ruimte vir verskillende name vir dieselfde plek nie. Toenemend het die name wat ‘n bewindhebber aan plekke gee, dus die amptelike name van daardie plekke geword.

Die wêreldstad New York het aanvanklik na sy stigting deur Hollandse owerhede in 1624 as Nieu Amsterdam bekend gestaan. Na die Engelse besetting word die stad herdoop na New York. Daarna is die stad se naam weer na Nieu Oranje verander tydens ‘n kortstondige Nederlandse besetting vanaf Augustus 1673 maar na die finale oordrag van die Nederlandse gebiede in Noord Amerika na Engeland in November 1674 het die stad se naam finaal na New York terug verander.

Ook die voormalige Russiese hoofstad, St Petersburg (vernoem na die Apostel Petrus) het sedert sy stigting in 1703 verskeie naamsveranderings ondergaan. Vanaf 1914 tot 1924 staan die stad bekend as Petrograd en vanaf 1924 tot 1991 as Leningrad en sedertdien weer as St Petersburg. Weereens het die naamsveranderings verband gehou met politieke veranderinge en verskuiwings van die magsbalans in die land.

Sedert die 1950’s, het die verandering van plekname en afbreek van koloniale simbole in Afrika na dekolonisasie algemeen voorgekom. Die Goudkus het Ghana geword, Noord-Rhodesië het Zambië geword, Suidwes Afrika het Namibië geword, Kongo het Zaïre geword – net om ‘n paar jaar gelede weer tot die Demokratiese Republiek van Kongo herdoop te word. Die verband tussen die verandering in bewind en die verandering van name in die geval was dus voor-die-hand liggend.

Standaardisasie van plekname

Te midde van die proses van internasionalisering en globalisering, word die standaardisasie van plekname nog internasionaal gesien as ‘n noodsaaklike voorvereiste vir ontwikkeling groei en kommunikasie. Die Verenigde Nasies het selfs vir die doel ‘n spesiale werkgroep, bekend as die United Nations Group of Experts on Geographical Names (UNGEGN) op die been gebring. Die werkgroep bestempel dit byvoorbeeld in sy reklamemateriaal as ‘n ernstige potensiële probleem indien daar duplikasie van name in ramp geteisterde gebiede bestaan omdat dit verwarring kan skep omtrent lokaliteite war hulp verleen moet word. Die vraag is natuurlik of hierdie potensiële probleem vandag nog bestaan gegewe die gevorderde inligtings en GPS tegnologie wat vandag net so beskikbaar en toeganklik as ‘n konvensionele gedrukte atlas geword het, maar dit is ‘n aparte debat.

Die feit is dat Suid-Afrika hom daartoe verbind het om die proses van standaardisasie ook plaaslik in te faseer, is van meer belang wanneer die naamdebat in oënskou geneem word. Dit beteken dat die Suid Afrikaanse regering hom daartoe verbind het om ‘n proses aan die gang te sit om uiteindelik vir elke dorp of stad, slegs één amptelike naam te hê. In praktyk beteken dit dat daar nie ruimte gaan wees vir die amptelike gebruik van Tshwane of Pretoria of dan iPitoli (die Zoeloenaam vir Pretoria) wanneer van die hoofstad gepraat word nie, maar dat net een van die name uiteindelik amptelike status sal geniet. Dit is dan ook in hierdie proses van keuse-uitoefening waarbinne geweldige emosies opgewek word en waaroor in die artikel vêrder besin word.

Waarom die emosie?

Indien daar dan aanvaar moet word dat die proses van standaardisasie moet plaasvind (wat natuurlik debatteerbaar is) is die vraag waarom minderheidsgemeenskappe so emosioneel raak oor die ontwikkelinge en of dit werklik geregverdig is. Christene mag dalk vra of ‘n stryd oor die behoud van name (wat meestal mense vernoem) werklik onder Christene tuishoort. Is dit nie maar ‘n vorm van mense-verering nie?

Wanneer die vraag in isolasie beskou word sal die antwoord waarskynlik “ja” wees. Die stryd om behoud van name kan nooit deur Christene gevoer word asof die naam alles is en ten alle koste eerbiedig of beskerm moet word nie. Wat egter veel belangriker is, is die konteks waarbinne naamsveranderinge plaasvind en of dit spreek van regering in belang van al die regering se onderdane.

Hierbo is uitgewys hoe naamsveranderings van plekke gewoonlik gepaard gegaan het met politieke magsverskuiwings. Naamsveranderinge is in baie gevalle byna ‘n noodwendige gevolg van groot politieke omwentelinge.

Suid-Afrika was egter anders – so het baie geglo. Die politieke skikking van 1994 was algemeen aanvaar om nie ‘n skikking van wenners en verloorders, van veroweraars en verowerdes te wees nie. In die opsig verskil Suid-Afrika dus van al Afrika se voormalige kolonies. Daar het koloniale besetters die besetting beëindig en voormalige administrateurs en goewerneurs het hulle weer in hulle moederlande gaan vestig. In Suid-Afrika het die groot meerderheid van die wit minderheid gebly. Hulle het gebly met die hoop om steeds in die land aanvaar te word en steeds ‘n rol as Suid-Afrikaners te speel.

Hierdie denkbeeld, wat waarskynlik by meeste wit Suid-Afrikaners en minderhede geleef het is egter tot in sy fondamente geskud met die publikasie van ‘n onderhoud met die Minister van Kuns en Kultuur, Dr Pallo Jordan vroeër vanjaar in die Sondagblad Rapport. In antwoord op ‘n vraag wat hy maak met die regte van mense wat graag die name van plekke soos Pretoria en Potchefstroom behoue wil laat bly, het hy soos volg gereageer: “hoekom, reken Pretorius se afstammelinge dat húl regte nou saak maak? …Met perde en wapens en waens kon Pretorius en die Voortrekkers teenstanders vermoor, hul beeste vat, van hul kinders bediendes maak, en sê: ek gaan die plek verander na my beeld. Dáárdie mense se regte het nie vir Pretorius saak gemaak nie.” Hierdie woorde van die minister het by mense die realiteit laat deurdring dat die politieke prosesse wat aan die gang gesit is nie ‘n proses van regering, regstelling en standardisering is nie maar van wraak en vergelding.

Die reaksie teen die beoogde naamsveranderings is dus veel eerder ‘n reaksie teen die marginalisering, misdaad en nuwe ongelykhede wat eie aan Suid-Afrika geword het, as ‘n stryd om die verering van mense of die behoud van ‘n naam.

Monday, 09 July 2007

Tannie Anna Boshoff

Mev. Anna Boshoff,(neè Verwoerd) van Orania is vanoggend om 4.30 vm. op 75-jarige ouderdom oorlede na 'n onlangse beroerte-aanval. Sy was die tweede oudste kind van dr. Hendrik en mev. Betsie Verwoerd en die eggenote van prof. Carel Boshoff. Sy word oorleef deur man, ses kinders en 20 kleinkinders. Tannie Anna (soos sy bekend gestaan het) was by uitstek 'n gemeenskapsmens en sal onthou word vir die tallose inisiatiewe wat afgestem was op die behoud en herwinningvan die Afrikaner se vryheid.

Die begrafnis is Saterdag 21 Julie in Orania.

Ek sal Tannie Anna onthou as een van die mees formidabele vroue wat ek ooit geken het. Sy sal deur almal gemis word. Ons simpatie gaan met die hele Boshoff-gesin.

Sy het die goeie stryd gestry... die wedloop voleindig ... die geloof behou (11 Tim. 4:7).

Tans in Engeland met vakansie. Gister Shakespeare se geboortedorp Stratford-upon-Avon besoek. Dit was die eerste sonskyndag in drie weke.

Die Engelse is vreemd. As die son skyn is almal skielik uitgelate. Kinders klim sommer pens en pootjies in die waterstroompies en almal ry onverskilliger op die paaie. Ons was twee keer amper in 'n ongeluk. Net mooi omgekeerd van Suid-Afrika. Daar foeter die reen weer alles om.

Sunday, 08 July 2007


Debating Government and Opposition in South Africa


An American presidential candidate of one of the smaller US parties once said that the only difference between a one-party state and two-party state is one political party. In his view this is by far not enough of a safeguard.I tend to agree with this view. The concept of a so-called two-party system, which used to be common to most Westminster-type democracies for decades, seems to be on the decline. Even in the UK, growing support for the Liberal Democrats and to a lesser extent niche parties such as the Scottish National Party in all likelihood brought an end to the concept of a two-party system.


If this is happening in the cradle of Westminster-politics, why should South Africa then cling to the outdated idea of a two-party democracy?


1. The electoral system


The concept of multi-party democracy, as opposed to two-party democracy, is an inherent characteristic of the electoral system of proportional representation. The fact that our constitution entrenches proportional representation is another factor that distinguishes South Africa from a country like Zimbabwe, where the constituency system has prevailed since independence in 1980. The dilemma of parliamentary opposition in Zimbabwe was not per se a fragmented opposition but the fact that the constituency-based electoral system made it virtually impossible for the huge variety of opposition parties to gain any parliamentary representation for most of the first two decades of Zimbabwe’s independence. This resulted in Zanu-PF virtually gaining as many as 90% of the seats in the Zimbabwean parliament during its first four elections. No wonder that Mr. Mugabe lost his mind when he was all of a sudden faced with an opposition, appearing from nowhere that was able to gain more votes than Zanu-PF in 2000.


Unfortunately, there seems to be a misconception amongst South African opposition voters about the benefits of a system of proportional representation. These misconceptions were entrenched in 1994 by deliberate propaganda by the National Party urging voters to vote for the NP as the major opposition party to and “unite against the ANC”. This propaganda was used very efficiently by the National Party to frustrate the smaller opposition parties at the time such as the Freedom Front and the Democratic Party. The tables were however turned in 1999 when the Democratic Party succeeded in replacing the NP as second largest party, after an election where the Democratic Party actually managed to become the official opposition by cannibalizing parties contesting for the so-called white vote. Given this piece of history, it is somewhat ironic when Tony Leon recently accused the Freedom Front and the Independent Democrats of cannibalizing the opposition, after his party surprisingly lost a by-election in Vanderbijlpark against the Freedom Front.


2. Trends in party support


Ever since the DA (then DP) became the so-called official opposition in 1999, the party did not hesitate to follow exactly the same strategy through which the NP had previously frustrated smaller parties and placed opposition-voters on a hunger-diet. The controversial comparative marketing, with which the DA in its’ 2004 election campaign attacked the Freedom Front and the Independent Democrats, has brought opposition politics to its lowest level yet. Interestingly enough, the result of a very expensive and extremely aggressive DA-election campaign was that the party did not make a dent in the support for the ANC and the opposition in totality was worse off after the 2004 election than it had been five years previously. The role of the IFP as opposition party the past 10 years is also interesting. The IFP has, for the largest part of the past 10 years, succeeded in a unique way to play a part in both government and opposition.


After the election of 1999 the IFP had 34 parliamentary seats in contrast to the 38 of the DP. The IFP was after the 1999 elections still a power to be reckoned with in the opposition politics. Since the contentious floor crossing legislation were passed with the support of the ANC, DA and NNP in 2002, an apparent breach in trust has developed between the ANC and the IFP. Dr. Buthulezi, as Minister, was increasingly marginalized and the way, especially, in which the ANC frustrated the passing of Buthelezi’s immigration legislation, raised eye-brows. The IFP’s strategic change in direction towards playing a stronger opposition role in 2002 appeared on the surface to be the most logical option for the IFP.The so-called “Coalition for Change” between the DA and the IFP was announced with big fanfare in 2003. Coalition-forming in a multi-party system is a normal occurrence. The forming of a coalition before an election is however unusual and has little value other than for marketing purposes.The question remains why the DA put such an effort in forming the “Coalition for Change” with the IFP. Only two years before in 2000, the DA published a document with the title “Local Government Elections – Candidate training Manual”. In a sub-section of the manual dealing with other political parties, the DA states:Voters do not have time for long-winded answers. A useful campaign adage worth remembering is “if you’re explaining, you’re losing”. (So much for a culture of democratic debate.)


They then deal with a variety of quick retorts with which voters can be put off other political parties. Of the IFP the DA says:“They have proved to be the most useless of all provincial governments. They want to go back hundreds of years by giving much more power to the King and tribal chiefs in the “kingdom” of KZN – They also want to spend billions of rand on taxpayers’ money on building a capital in the bush at Ulundi.”Observers agreed after the election, that two parties in particular gained from the so-called “Coalition for Change” – the DA and the ANC. The DA – because it helped the party convince white voters especially to believe that a political alternative to the ANC (with substatial black support) eventually existed; and The ANC – because it was unthinkable for thousands of IFP supporters to vote for a coalition with a so-called white elite.The big looser unfortunately was the IFP. The party fell back to become the second largest in KwaZulu-Natal and the support of its “coalition partner” was insufficient to enable the IFP to maintain its control of KZN. For the IFP the coalition with the DA was in all likelihood the proverbial “kiss of death”.


On 14 August 2004 the KZN-congress of the DA accepted a motion that an appeal be made to the DA federal council and federal congress to re-consider the “Coalition for Change” and to take note of the opposition of the KZN congress to the agreement with the IFP.


It therefore appears as if the marriage of convenience with the IFP in 2002 had been – just like the marriage of convenience with the NNP in 2000 – a striking example of a “give-and-take” relationship: the partner gave and the DA took. In the process the DA walked away every time stronger and the opposition in its entirety, weaker. It is of course correct that the aim of any political party is to obtain votes. But when a party, in its efforts to obtain votes, has to arbitrarily conclude agreements just to terminate them again, it points to a lack of good faith that not only disappoints voters but is extremely harmful to opposition politics in South Africa.


3. The ANC’s centralizing of power


With the election in 1994 the ANC did not obtain a two-third majority and the support of more than one party was needed to finalize the Constitution in 1996. With the election of 1999 the ANC ended very close to a two-thirds majority and thanks to the Minority Front initially and the floor-crossing legislation later the ANC did indeed obtain a two-thirds majority. This year the ANC obtained 70% of the votes.The centralizing of all political power reflects however not only in the representation of parties in the parliament but also in the relationship in which the different spheres of government – national, provincial and municipal – act toward each other. Whilst provincial borders are entrenched in the Constitution, municipal borders are freely changeable to the judgment of the Municipal Demarcation Board. The Demarcation Board is criticized often that it manipulates the demarcation of municipal borders to the advantage of the ANC, without taking into consideration the community demography. As an example, during the previous round of demarcations, Hammanskraal and Ga-Rankuwa from the Northwest Province were added to Pretoria and Centurion from the Gauteng province to form the Tshwane Metro-Council. So too, a ward demarcation of the Tembalihle-municipality in the Northern Cape, was dealt with in such a manner that the self-sufficient town of Orania was incorporated, as an insignificant voting district, into a ward with an informal settlement next to Hopetown, 40 km further away.


In this increasing centralization of government structures, the government is increasingly becoming estranged from communities that should be served and it augurs ill for local communities in South Africa.The dilemma of the South African democracy is not the existence of a variety of opposition parties – but rather the fact that the ANC is becoming too powerful and the principles of federalism are not adhered to sufficiently.


4. The role of the Freedom Front Plus


The Freedom Front Plus wants to distinguish itself, as a niche party, that focuses on the special interests of the Afrikaans community in particular: a Christian value system and the establishment of a culture of minority- and community rights in politics. These interests become increasingly relevant while Afrikaners are marginalized as the policies of the government such as affirmative action, black economic empowerment, centralizing of decision making powers and a rather unconvincing commitment to the constitutional principal of multi-lingualism, take effect.


The question however is how these interests can be served if a party receives less than 2% of national support and by definition is limited to a ceiling of 6% - that being Afrikaner voters. The answer to this is found, especially, in the nature of proportional multi-party democracy. In most democracies with similar systems, the dominant party seldom has more than 40% of the support. That makes the forming of coalitions after elections an integral part of the political process and also increases the importance of smaller niche-parties. We foresee that this should become a likely scenario at national level within the next decade.


Furthermore, this scenario technically already exists in two provinces and a number of municipalities all over the country.


In as far as the South African democracy does not yet conform to the these characteristics at national and provincial level, the Freedom Front Plus makes use of alternative opposition instruments that include lobbying, litigation, negotiation and making use of the State Institutions Supporting Constitutional Democracy.


The Freedom Front Plus has for instance already successfully approached the Human Rights Commission to have the slogan “Kill the Boer – kill the farmer” declared as hate speech and therefore prohibited. The party furthermore succeeded to convince the ANC to make concessions that made it possible for certain South Africans in foreign countries to vote in general elections.


Due to complaints lodged by the Freedom Front Plus, parliament and certain municipalities have been forced to honour the principle of multi-lingualism. Other organs of a democracy such as the Auditor-General and the Pan South African Language Board have already proven themselves in certain cases to be worthy guardians of democracy and diversity.


5. The Future


Whilst the Freedom Front Plus is committed to multi-party democracy, national reconciliation and peaceful co-existence, we can not keep us blind to the shortcomings that exist in our constitutional system. Even though the constitution is one of the most progressive and liberal constitutions in the world, the open-ended restrictions placed, in the name of affirmative action, upon the right to equality and the property-right clause, is a source of concern for the future. The diminishing federal principles (largely due to the current dominant position of the ANC) and the defective protection of acknowledged minority rights such as mother-tongue education, as far as we are concerned, are in-completed issues that once again should be placed on the national agenda.The Freedom Front Plus will keep these issues on the agenda, until South Africa truly offers a home to all its’ communities.