Monday, 09 July 2007


Tans in Engeland met vakansie. Gister Shakespeare se geboortedorp Stratford-upon-Avon besoek. Dit was die eerste sonskyndag in drie weke.

Die Engelse is vreemd. As die son skyn is almal skielik uitgelate. Kinders klim sommer pens en pootjies in die waterstroompies en almal ry onverskilliger op die paaie. Ons was twee keer amper in 'n ongeluk. Net mooi omgekeerd van Suid-Afrika. Daar foeter die reen weer alles om.

No comments: