Monday, 09 July 2007

Tannie Anna Boshoff

Mev. Anna Boshoff,(neè Verwoerd) van Orania is vanoggend om 4.30 vm. op 75-jarige ouderdom oorlede na 'n onlangse beroerte-aanval. Sy was die tweede oudste kind van dr. Hendrik en mev. Betsie Verwoerd en die eggenote van prof. Carel Boshoff. Sy word oorleef deur man, ses kinders en 20 kleinkinders. Tannie Anna (soos sy bekend gestaan het) was by uitstek 'n gemeenskapsmens en sal onthou word vir die tallose inisiatiewe wat afgestem was op die behoud en herwinningvan die Afrikaner se vryheid.

Die begrafnis is Saterdag 21 Julie in Orania.

Ek sal Tannie Anna onthou as een van die mees formidabele vroue wat ek ooit geken het. Sy sal deur almal gemis word. Ons simpatie gaan met die hele Boshoff-gesin.

Sy het die goeie stryd gestry... die wedloop voleindig ... die geloof behou (11 Tim. 4:7).

No comments: