Friday, 13 July 2007

Regstel-aksie debat ook na Namibie

Dis nie net in Suid-Afrika wat die debat oor regstellende aksie opwarm nie. Mnr Jurie Viljoen van die Monitor Aksie Groep in die Namibiese Nasionale vergadering, het verlede week 'n mosie by die Nasionale Vergadering in Windhoek ingedien om te vra vir die insluiting van alle jongmense wat vanaf Januarie 1990 (die jaar na Namibie se onafhanklikheid) skool toe gegaan het, om voordeel te trek uit regstellende aksie maatreels.

Jurie het in sy motivering vir die mosie onder andere gese hy die mosie is nie maar net nog 'n besprekingspunt nie maar 'n belangrike een omdat die uitslag daarvan ver buite die grense van Namibie van belang is.

Jurie is natuurlik doodreg. Ons hou die afloop van die debat dop en wens hom sterkte toe. Ons saak wen altwee kante toe. As SWAPO instem tot Jurie se voorstelle is dit 'n reuse stap vooruit. As hulle dit afskiet, dan openbaar hulle vir die wereld hulle rassistiese anti-wit agenda.

Enkele uittreksels uit Jurie se toespraak:

"It is now 17 years after the independence of Namibia and the vast majority of the youth, both black and white, knows no other Government except the current ruling one...These learners should not be cut from equal opportunities and rights by Affirmative Action. This is a so-called new generation-born free from and only after an apartheid past".

"My motion is… that this Honorable House considers the expansion of beneficiaries of Affirmative Action to include all Namibians who started their school careers in 1990, irrespective of gender, race or color".

No comments: